WITSAND NUUS - Vondeling Primêr net buite Witsand het so pas hul jaarlikse debutantebal in die Duivenhoks-gemeenskapsaal gehou.
Die 30 leerders wat as debutante opgetree het, se ouers het die skaflike bedrag van meer as R67 000 ingesamel gedurende die jaar, waarvan die drie wenners meer as R27 000 ingeoes het.
Nasshleigh Esau was die beste debutant en het R15010 ingesamel.
Peter-Lee Michaels was die tweede suksesvolste debutant met R7190 terwyl Jaydlin Hoogbaard se R5450 haar die derde plek besorg het.
Die aanwesiges is met lekker musiek deur die Route 62-langarmorkes van Robertson vermaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’