HEIDELBERG NUUS - 'n Groep jong vriende van Heidelberg en omliggende dorpe wat hulself gepas die "Giving Is Sharing" (GIS) groep noem het Saterdag, 27 Maart hul harte oopgemaak teenoor behoeftiges van die dorp.
Die groep, onder leiding van Francois du Toit en Darryl September het eers in Diepkloof, daarna in Dollar Square en Hoogstraat 'n bord kos aan nagenoeg 150 honger magies uitgedeel.
Volgens Du Toit besef hulle dat daar groot nood in die dorp heers en wil hulle graag 'n klein bydrae lewer om 'n verskil aan diegene te maak wat dit nie so breed het nie. Hy noem ook dat hulle gaan probeer om elke naweek te voldoen aan hul visie om 'n wesenlike verskil te maak.
Die groep het gesorg dat die begunstigdes aan die Covid-19-regulasies voldoen deur hul maskers te dra, hul hande te ontsmet en die sosiale afstand te handhaaf.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'