Tans is hulle besig met 'n projek, genaamd 1913 Century.
Dit handel oor apartheid en die impak daarvan op die verskeie gemeenskappe oor die eeu heen. Volgens die spanleier, Lélanie Amsterdam beoog hulle om 'n sukses van die program deur middel van drama, bewusmakingsprogramme by skole, digkuns, sowel as roadshows te maak.
Huidiglik verrig hulle diens by die Duivenhoks biblioteek, daghospitaal, laerskole en die plaaslike munisipaliteit.

Die groep jeugdiges maak deel uit van die regering se landelike jeugbemagtigingsprogram wat by verskeie instansies in die distrik as vrywilligers diens verrig. Van links staan Johan Williams, Sonia Hartnick, Samantha Roberts, Marilyn Xaluva en Lélanie Amsterdam, spanleier. Foto: Clive Pretorius.