STILBAAI NUUS - Die gemeenskapsaal in Stilbaai was Saterdag stampvol soos wat inwoners en vakansiegangers toegesak het op Jagersbosch se basaar.
Die pannekoektafel kon nie voorbly nie en mense het geduldig in lang toue hulle beurt afgewag.
Soos gewoonlik was die vleistafel vinnig dolleeg en mense moes teleurgesteld omdraai.
By die tafels en stoele was daar nie ‘n oop kolletjie nie soos wat mense land en sand gesels het terwyl hulle aan die lekkernye gesmul het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’