HESSEQUA NUUS - Wat moet gedoen word om te voorkom dat veral dogters, maar in 'n mindere mate ook seuns op skool slagoffers van seksuele teistering en selfs verkragting word?
Statistiek wys dat seksuele misdrywe in baie gevalle gepleeg word deur mense wat goed bekend is aan die slagoffers en in wie se sorg hulle toevertrou was.
Baie mense glo dis 'n gesamentlike poging deur die hele gemeenskap; 'n poging wat binne die ouerhuis begin en wat voortdurend daar gemonitor word.
Buite die huis is daar instansies soos skole, waar 'n veiligheidsbeleid in plek is, met streng toesigmaatreëls en waar onderwysers moet toesien dat kinders te alle tye veilig is.
Tog word daar toenemend en onrusbarend berig oor seksuele teistering, suggestiewe gedrag en selfs onwettige verhoudings tussen onderwysers en kinders op skool.
Die feit van die saak is: Dis onwettig - die onderwyser word summier uit sy pos onthef en staar kriminele aanklagte in die gesig. Suid-Kaap Forum het verlede week berig oor 'n onderwyser wat voorlopig uit sy pos onthef is, hangende 'n ondersoek na beweerde seksuele teistering. Dis 'n gevaarteken.
Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm die individu se reg tot liggaamlike en sielkundige integriteit, die reg om lewe, asook die reg van elke individu om sy regte gerespekteer en beskerm te hê.
Weereens, om te voorkom dat voorvalle soos seksuele teistering en alle vorme van kindergeweld binne en buite die skool handuit ruk, is dit die plig van gemeenskappe self om stelsels in plek te kry, om veral hierdie euwel en alle ander wat die gemeenskap onveilig maak, teen te werk. Die gemeenskap, deur die instansies wat bestaan, moet met volhoubare aksieplanne vorendag kom, gemik op spesifieke teikens. Net as dit gebeur, sal daar 'n einde kom aan geweld op die skoolterrein, in al sy vorms.
*More and more reports are received of children being sexually harassed, molested, intimidated and even raped at school. The South African constitution protects the individual's right to bodily and psychological integrity. In compliance with the international and national law, the state needs to ensure that all possible steps are done to prevent government employees and its agents from committing acts of sexual violence against girls in South African schools.
Red lights came on in our region, as reported by South Cape Forum last week, when a school teacher was suspended, pending investigations into alleged sexual molestation of a teenage girl at school. It is time that communities begin to take responsibility for the safety of their children by launching sustainable awareness action plans aimed at countering the rise of violence, in all its forms against our children, on and off the school premises.
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news'