STILBAAI NUUS - Lenet Olivier, Justin Brits, Miranda van Aardt en Lotz Strauss het Maandag 17 Junie om 11:00 by die Engen-vulstasie op Stilbaai bymekaargekom en al langs die hoofweg tot by die Versveld-hawehoof skoongemaak.
Die volgende skoonmaakaksie vind Maandag 24 Junie om 11:00 vanaf OK Grocer (ontmoet by die voorste ingang) tot by die Dorpsplein (by Coffee and Cream) plaas.
Stuur 'n e-pos aan Miranda van Aardt by miranda.vanaardt@gmail.com vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'