STILBAAI NUUS - Tiny Treasures-kleuterskool, wat op 9 Mei in Vermaaklikheid geopen het, het speelgoed en die belofte van nog artikels uit twee oorde ontvang.
’n Inwoner van Stilbaai het Suid-Kaap Forum laat weet sy het bokse vol speelgoed wat sy graag wil skenk.
“My kinders is groot en uit die huis en my kleinkinders bly oorsee, so dit help nie ek hou die goed nie,” vertel Rina Serfontein.
Jacques van Rensburg het namens Little Angels op Vishoek aangebied om goedere te skenk en ’n lys van benodigdhede gevra.
“Ons doen meestal uitreikprojekte wat skenkings gee aan minder bevoorregtes wat hulp nodig het. Dit sluit ouetehuise, klinieke, skooltjies, en so meer in.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'We bring you the latest Stilbaai, Hessequa nuus'