Video
HEIDELBERG NUUS & VIDEO - Die minister van menslike nedersettings: Wes-Kaap, Bonginkosi Madikizela het inwoners van Heidelberg wie huise van die regering ontvang het, op Dinsdag 19 Maart in die Duivenhoks-gemeenskapsaal toegespreek.
Dit was tydens die oorhandiging van hul titelaktes.
Madikizela het Hessequa-munisipaliteit geloof oomdat hulle sowat 1200 titelaktes in ‘n kort tydperk kon oorhandig.
“Die grootste debat en strydpunt op die oomblik in ons land is die kwessie oor grond. Ons kom van ‘n pynvolle verlede waar mense wederegtelik van hulle grond ontset is, en wanneer ons vandag aan mense huise gee, dan is dit baie meer as net ‘n stukkie grond met ’n huis op - dis om die pyn te verlig en om waardigheid terug te gee aan mense.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
In die middel is minister Bonginkosi Madikizela en Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit saam met van die oudste mense wat voorlopige titelaktes ontvang het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'