RIVERSDAL NUUS - 'n Baie groot mylpaal is deur Boer van Rensburg bereik nadat hy sy 150ste eenheid bloed op 1 Februarie geskenk het.
Gereelde en nuwe skenkers het tougestaan om te skenk.
Daar was ook bekendes te sien.
Johan Jacobs, munisipale bestuurder, was een van die skenkers wat vir 'n goeie doel gebloei het.
Arlecia November, promosiebeampte van WP-bloedoortappingsdiens het gesê: "Ons kliniek op Riversdal doen goed, maar kan nog beter.
"Op 1 Februarie het ons altesaam 115 skenkers gehad wat probeer skenk het. Ongelukkig kon net 112 skenk.
"'n Totaal van 95 gereelde skenkers en sewe nuwe skenkers het op die dag geskenk.
Dankie aan elke skenker, julle is almal merkwaardig."
Op die oomblik is die O-negatief bloedgroep besig om te daal.
Februarie se tema is #ShareYourHeart.
Die volgende kliniek op Riversdal vind op 5 April vanaf 15:45 tot 18:45 in die burgersentrum plaas.
Enigeen van die publiek is welkom om bloed te skenk en moet slegs aan die volgende vereistes voldoen:
- Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees.
- Meer as 50 kg weeg.
- 'n Gesonde en veilige seksuele lewenstyl handhaaf.
- Eet 'n ligte maaltyd tussen 3-4 ure voor skenking.
- Bring jou identiteitsdokument saam.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'