Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die ontsmetting van vakansiegeriewe en ablusieblokke langs strande in die Hessequa-streek gaan prioriteit geniet.
Vyf ontsmettingsmasjiene sal ingespan word om geriewe op 'n daaglikse basis by al ses die Blouvlagstrande te ontsmet.
Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte het Vrydag, 11 Desember gesê die intensiewe ontsmetting is om inwoners en besoekers teen die Covid-19-virus te beskerm.
Volgens die munisipale bestuurder, Johan Jacobs benadeel die Covid-19-pandemie nie net mense se gesondheid nie, maar dit het ook 'n negatiewe impak op die ekonomie tot gevolg en kan hierdie tweede vlaag van infeksies, katastrofies wees indien die publiek nie veilig en verantwoordelik optree nie.
"Die goue reëls, naamlik sosiale distansiëring, dra van maskers in openbare plekke en gereelde was van hande moet nagekom word." Hy het ook gevra dat mense plekke moet vermy waar daar 'n toeloop van mense is.
"Die nakoming van die veiligheidsmaatreëls en Covid-19-protokol is in elkeen se eie belang, hetsy vakansiegangers of inwoners van ons streek en word die publiek gemaan om hierdie vakansie binne perke te geniet.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'