HESSEQUA NUUS - Die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GCBR), Hessequa-kunsroete en Hessequa-biblioteke hou ‘n kunskompetisie vir alle leerlinge tussen die ouderdom van 13 tot 19 om deel te neem aan ‘n betowerende kunskompetisie genaamd, Inheems.
Daar is ‘n keuse tussen skilderkuns, tekenkuns, fotografie en grafiese ontwerp.
Alle kunswerke moet voor 29 September by jou plaaslike biblioteek in ‘n A4-formaat of groter ingedien word.
Laat die natuur jou inspireer en vier ons inheemse wonders met jou kreatiwiteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’