HESSEQUA NUUS - Die Green Fingers-tuinbouklub het vir hul volgende uitstappie na Plettenbergbaai op Woensdag 7 November vertrek om meer oor inheemse plantegroei te leer.
Old Nick Village was die eerste besoekpunt met verskeie interessante winkeltjies soos Red Shed-kwekery, Mungo Mill-weeffabriek en -winkel en mid-week markstalletjies.
Bainsbridge Estate net buite dié dorp was volgende op die lys. Inheemse plantkenner, Jean Sparg het die groep na twee pragtige inheemse tuine vergesel.
Die uitleg en welige plantegroei het almal in vervoering gehad, veral met die droogte wat die streek nou beleef. Een van die tuine was spesifiek so beplan en uitgelê om al die sintuie met die wonderlikste kleure en geure te prikkel.
Bosky Dell roostuine met 6 000 roosbome van 250 verskillende variëteite was die volgende besoekpunt en het behoorlik die asems weggeslaan. Baie ander inheemse bome, struike en plante het 'n pragtige rustige agtergrond geskep. Die eienaar, Rae Gilbert, het 'n praatjie oor rose aangebied.
Na die insiggewende dag is almal weer begeesterd om ten spyte van die droogte meer inheemse plante in hul tuine aan te plant.
Old Nick Village was die eerste besoekpunt met verskeie interessante winkeltjies soos Red Shed-kwekery, Mungo Mill-weeffabriek en -winkel en mid-week markstalletjies.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'