RIVERSDALNUUS - 'n Inbraak op die plaas, Krommekloof het groot skade vir sy eienaar besorg.
Die plaaseienaar, mnr. Van der Merwe het oor die naweek van 13 tot 14 Augustus groot skade gelei toe daar by sy woning ingebreek is. 'n Rekenaarskerm, musieksentrum, verskeie bottels drank, asook kos is gesteel.
Na puik speurwerk deur die plaaslike speurdiens, is die gesteelde eiendom teruggevind, behalwe die drank. Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, sers. Edwina Heskwa, is 'n minderjarige, asook twee volwasse manspersone in hegtenis geneem. Die een verdagte is aan die Ladismith-speurdiens oorhandig aangesien hulle reeds sewe sake van diefstal teen hom ondersoek.
Die verdagtes het Woensdag 16 Augustus in Riversdal-landdroshof verskyn. Die verdagte is vrygelaat en die minderjarige is in die sorg van sy ouers vrygelaat.
Die ondersoekbeampte in die saak is konst. Bulelani Booi.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'