HESSEQUA NUUS - Arm Afrikaanse studente wat dit nie kan bekostig om op eie stoom te gaan studeer nie, kan by Solidariteit se Helpende hand-studietrust om hulp aanklop.
Altesaam R43,7 miljoen is bewillig, wat nagenoeg 1 300 studente kan help om aan enige tersiëre instelling te studeer.
Volgens Stefan Pieterse, hoof van die studiefonds, word nie op grond van ras, ouderdom of studierigting gediskrimineer nie, solank die kandidate Afrikaans as taal bevorder.
Die voorwaarde is dat die rentevrye lening na voltooiing van die kandidaat se studie ten volle terugbetaal moet word om ’n volgende kandidaat ’n soortgelyke geleentheid te gee.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'