HESSEQUA NUUS - Helené Mostert en Trevor Februarie, albei opvoeders by Kairos Senior Sekondêr, is vanaf 1 April as onderskeidelik onderhoof en hoof aangestel.
Mostert, wat sedert 2007 tydelik in diens was, is eers in 2011 vas aangestel.
Sy het in 2017 en 2022 as departementshoof waargeneem.
Die passievolle opvoeder het van 1990 tot 1993 aan Universiteit Stellenbosch studeer waarna sy gegradueer het.
Februarie, wat as Mister Thysie bekendstaan, het in 1997 by die skool begin.
Hy is in 2001 as departementshoof aangestel en neem sedert verlede jaar, nadat Vivian Prins as skoolhoof uitgetree het, in sy plek waar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’