SWELLENDAM NUUS - Brandberstryders het Saterdag 11 Januarie ’n veldbrand wat ’n huis gedeeltelik verwoes het, onder beheer gebring voor nog meer skade aangerig is.
Volgens die munisipaliteit se brandweerhoof, Reinardt Geldenhuys het brandbestryders van die Overberg-distriksmunisipaliteit en ’n helikopter en verspiedingsvliegtuig van Working on Fire gehelp om die brand te blus.
Die eienaars van die huis en boere uit die omgewing het ook gehelp.
Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'