Alle pogings word aangewend deur die beamptes om die eienaar van die hond op te spoor voor die dier verwyder word uit die area en na die skut geneem word.
Alle diere word in die skut register aangeteken vir rekord doeleindes.
Honde word aangehou en waar moontlik word ‘n berig in die plaaslike koerant geplaas vir aanneming of opsporing van die dier se eienaar. Indien die eienaar van die dier die hond opeis en die skut nie 100% kan oortuig dat dit sy/haar hond is nie, moet die eienaar ‘n verklaring by die polisie gaan aflê en aan die skut voorsien.
Sou daar later gevind word dat die persoon nie die waarheid gepraat het nie, sal kriminele klagtes teen hom/haar gebring word.