RIVERSDAL NUUS - Nege leerders van Hoërskool Langenhoven het op 20 April hul Presidentsverkennereksamen aanlyn geslaag.
Om ’n Presidentsverkenner te word is die hoogste toekenning wat ’n junior lid van die Voortrekkers kan behaal.
Dis ’n prestige nasionale eer wat selfs deur universiteite op die gebied van kulturele leierskap erken word. Verskeie Dasse het dit al in die verlede ontvang.
Dit het vier jaar se harde gewerk om vir die toekenning te kwalifiseer geverg. Ure se voorbereiding, lesings, kampe, spesialisasie-kursusse, vaardighede en baie teoretiese werk en take moes afgehandel word.
Die Presidentsverkennerkamp wat later vanjaar in Gauteng sal plaasvind is die hoogtepunt en ook die laaste hekkie voor die toekenning gemaak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'