RIVERSDAL NUUS - Angelo Bergh, 'n gr. 11 leerling van Hoërskool Langenhoven, het op 4 Mei by die 18de nasionale toneelkompetisie in Kaapstad onder die beste agt akteurs geëindig.
Hy is boonop beloon met 'n rol in die televisiereeks Suidooster en 'n rol in 'n RSG-radiodrama.
'n Uitvloeisel van die kompetisie is 'n produksie wat op die Woordfees in 2020 open. Bergh is een van die akteurs wat gekies is vir dié produksie.
Ongeveer 500 inskrywings is vanjaar ontvang. Na landswye uitdunrondes het die 80 gekeurdes oor vier rondes op 'n uitklopgrondslag deelgeneem.
Die agt finaliste het elkeen 'n program aangebied.
Angelo Bergh.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'