RIVERSDAL NUUS - Mnr. Abrie Cronjé, afkomstig van Bloemfontein, is as adjunkhoof van die skool aangestel. Cronjé was verbonde aan HTS Louis Botha en was gedurende sy tyd daar departementshoof, interne adjunkhoof en waarnemende skoolhoof.
Hy het sy B.Com (finansiële bestuur en rekenaarstudie), gevolg deur 'n nagraadse onderwyssertifikaat (HOD), aan die Noordwes-universiteit (NWU), Potchefstroom-kampus verwerf, asook sy B.Ed. (Hons) in onderwysreg en onderwysbestuur in 2016.
Hy het 'n passie vir kinders en sien uit na die nuwe uitdaging.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'