ALBERTINIA NUUS - Die skool se VRL het op 3 November hul Mnr. en Mej. Albertinia aangebied.
Die aand vorm deel van die nuutverkose VRL se reeks geldinsamelings en dit was 'n groot sukses.
Whillestio May is as Mnr. Albertinia aangewys en Alné Swanepoel as Mej. Albertinia.
Die eerste en tweede prinsesse is Davidene Daniels en Cady Groenewald.
Die eerste en tweede prinse is Lohan Joseph en Leeroy Fransman. Manuel Nomdo en Miriam Karelse is onderskeidelik as Mnr. en Mej. Junior Albertinia aangewys.
Die 22 debutante het almal meer as R500 ingesamel.
Leerders van gr. R tot gr. 6 het deelgeneem. Slegs die leerders wat meer as R500 ingesamel het, het aan die debutante gala-aand deelgeneem.
Die skool bedank almal wat tot die sukses van die debutante bygedra het.
ARTIKEL: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'