ALBERTINIA NUUS - Branville Saayman, 'n gr. 11-leerder van Hoërskool Albertinia, het by die onlangse Allegretto interprovinsiale eisteddfod sy eenmanvertoning opgevoer wat hy self geskryf het.
Hierna is hy genooi om op te tree by die gala-toekenningsgeleentheid op Saterdag 10 September waar die eisteddfodwenners bekendgemaak is.
Branville het almal verras toe hy as nasionale wenner aangewys is vir sy eenmanvertoning waarvoor hy 'n ambassadeursbalkie en dubbelgoue sertifikaat vir sy uitmuntende spel verwerf het.
Hy het ook by die jaarlikse Ratem-eisteddfod dubbelgoud in die drama-afdeling met 'n punt van 95% verwerf.
Branville was vroeër vanjaar deel van die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport se skrywersslypskool waar hy vir 'n naweek deur Abdu Adams, bekende sepiester, vervaardiger en skrywer, onder hande geneem is.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'