RIVERSDAL NUUS - Twintig gr. 11-leerders het op 17 Augustus die vervaardigingsaanleg van Equalizer in Kaapstad besoek. Equalizer vervaardig moderne landbou-implemente wat ook uitgevoer word.
Le Roux van Wyk, oudskolier van die skool, tans produk-ondersteuningsbestuurder by Equalizer het die Oakdale-groep ontvang en deur die aanleg begelei.
Die vervaardigingsproses asook beginsels betrokke by die werking van planters, word ook in die sillabus van die vak landboutegnologie in gr. 11 en 12 behandel. Equalizer is ook een van die skool se gewaardeerde borge.
Die gr. 11-leerders wat Equalizer saam met oudskolier Le Roux van Wyk besoek het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'