Gallery
RIVERSDAL NUUS - Tydens die SA toutrekkampioenskap op 13 en 14 Maart op Worcester het die skool skoonskip gemaak deur in elke afdeling as wenners aangewys te word.
Vanjaar se kampioenskap is deur 'n rekordgetal inskrywings gekenmerk, waarvan die skool die meeste spanne ingeskryf het.
Die Bulle het alle goue en soms silwermedaljes gewen wat daar in die hoërskole seuns-afdeling te wen was.
Dit was selfs die B-, C- en D-spanne wat verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met pragvertonings die loef afgesteek het.
Fotogalery: Oakdale maak skoonskip by SA toutrekkampioenskap
"Die Bulle in hul kenmerkende blou truie en rooi kouse het sedert Vrydag die oog gevang met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname. Die skool se toutrekafrigters verdien lof vir hul harde werk reeds vanaf September verlede jaar," het die hoof, mnr. André Latsky gesê.Die hoogtepunt was die oorwinning in die 560 kg-kompetisie. Die oorwinning in dié afdeling beteken ook dat Oakdale weer die land as die Proteaspan gedurende September by die wêreldkampioenskap in Spanje gaan verteenwoordig.
Die uitslae
- 400 kg A-span - goud;
- 400 kg B-span - silwer;
- 440 kg A-span - goud;
- 480 kg A-span - goud;
- 480 kg B-span - silwer;
- 480 kg plaatspan - goud;
- 520 kg A-span - goud;
- 600 kg A-span - goud;
- 600 kg B-span - brons;
- 560 kg A-span - goud;
- 560 kg B-span - silwer.
Die 600 kg A-span is agter, van links: Pieter J van Rensburg, Clarian Thornley, Saggie van As (afrigter), Robert-John Montgomery, Rayno Grundlingh en Dewald le Grange. Voor: Charl du Plessis, Johan Geyser, Reynhardt Botha en Philip Saayman.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'