RIVERSDAL NUUS - Die o.14 A-rugbyspan het gedurende die vakansie die Paarl Gimnasium-toernooi bygewoon.
Na twee wedstryde in 'n geel of rooi trui, kon hulle eers in die laaste wedstryd die gesogte blou rugbytrui oor hul koppe trek.
Die span het drie wedstryde gespeel en onoorwonne teruggekeer.
Puntestand
Oakdale teen Toernooi XV 66-0; Oakdale teen HS Diamantveld 52-0 en Oakdale teen HS Bellville 76-0.
Die Bulle sal vanjaar teen skole soos Paarl Gimnasium, Paarl Boys' High en Grey College van Bloemfontein te staan kom, asook deelname aan die Wildeklawer-rugbytoernooi vir die top-20-skole in die land.
Die o.14 A-groep tydens die Paarl Gimnasium-toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'