RIVERSDAL NUUS - Die eerste fondsinsamelings-projek van die Oakdale-ondersteunersklub is op 25 Augustus afgehandel.
Die ondersteuners van George-, Mosselbaai-, Oudtshoorn- en Knysna-omgewing het in samewerking met die hoofborge, Mosselbaai Nissan en 4x4 Mega World George, die gesogte 4x4-dag in Vleesbaai aangebied. 'n Totaal van 78 voertuie het ingeskryf en in vier afsonderlike groepe deelgeneem.
Hierdie uiters entoesiastiese Oakdale-ouers is bekend vir die projekte waarmee hulle jaarliks meer as R200 000 vir die skool insamel.
Van links: Koos Scholtz (organiseerder), André Latsky (skoolhoof) en Jaco Strydom (organiseerder).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'