RIVERSDAL NUUS - Die skool het op 19 April die Oakdale-bakkiekompetisie, ten bate van die uitbreidings aan die koshuis, van stapel gestuur.
Die kompetisie word finansieel deur M Briers Landboudienste ondersteun.
Die aankoop van 'n kaartjie ter waarde van R100 bied aan die kaartjiehouer die geleentheid om 'n Toyota Hilux 2.4 GD 5MT S/C A/C-bakkie ter waarde van R302 700 te wen.
Die trekking en aanwysing van die wenner geskied tydens die interskolekragmeting op Oakdale op 10 Augustus, net voor die aanvang van die hoofwedstryd.
Kaartjies is by die skool, M Briers Landboudienste, Riversdal Toyota en JC Slagtery beskikbaar.
Uitbreidings aan die koshuis behels die volgende: Kombuisfasiliteite, eetsaal en Huis Albion.
Die doel is om die huidige druk op die koshuise, wat aanvanklik gebou is om 220 leerders te huisves maar nou 446 huisves, te verlig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'