Video
RIVERSDAL NUUS - Die gesogte Akkerfees wat jaarliks deur die skool aangebied word, vind vanjaar op 9 en 10 Augustus plaas.
Dit val saam met die jaarlikse Interskolekragmeting teen Boland Landbou van die Paarl.
Afgesien van 18 rugbywedstryde sal besoekers en toeskouers in 'n gesellige atmosfeer langs die veld en tussen stalletjies kan kuier. Die gewilde Oakdale-slaghuis sal reeds vanaf 8 Augustus verwerkte vleisprodukte verkoop. Die groente en vrugte-, asook lekkernystalletjies is op Saterdag altyd hoog in aanvraag.
Feesgangers word versoek om reeds vroeg Saterdagoggend parkering te bekom omdat geen motorvoertuie langs velde toegelaat sal word nie.
Die trekking van die wenner van die Toyota Hilux-bakkie vind om 10:15 plaas. Vyf kaartjies sal getrek word en elkeen van die vyf sal om 11:40 'n sleutel trek met die hoop dat dit dié een is wat die bakkie sal aanskakel.
Ondernemings op Riversdal kan hulle self regmaak vir 'n bedrywige naweek. Die oudskolierewedstryd tussen hierdie twee skole vind op 9 Augustus om 16:00 op die De Eikeveld plaas. Kom ondersteun hierdie opwindende wedstryd.
Kyk 'n video hieronder
Interskoleprogram
Oakdale teen Bolandspanne
De Eike - 09:00 o.16A's. 10:15 Bakkie kaartjietrekking. 10:30 o.19B's. 11:40 Bakkie sleuteltrekking. 11:55 Voorstelling. 12:15 o.19A's.Populierbos - 08:30 o.19C's. 09:40 o.16C's. 10:50 o.16B's.
Donkerbos - 08:30 o.14C's. 09:30 o.14B's. 10:30 o.14A's.
Ten Damme - 08:30 o.15C's. 09:30 o.15B's. 10:30 o.15A's.
De Boord - 08:30 o.19E's. 09:40 o.19D's. 10:50 o.19F's.
De Tuine - 08:30 o.16D's. 09:30 o.14D's. 10:30 o.15D.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'