Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die hittegolf van die afgelope naweek het sommer baie inwoners van die Hessequa-streek wat in die binneland woon, na die omliggende kusdorpies laat vlug.
Die kwik op Riversdal het Sondag, 23 Januarie tot op 42 grade gestyg en die minimum temperatuur was regdeur die nag enigiets tussen 25 tot 23 grade.
Teen sonsopkoms het dit darem tot 'n skaflike 21 grade gedaal.
Teswill Absalom het aan Suid-Kaap Forum gesê dat hulle na Gouritsmond gegaan het vir 'n bietjie lafenis.
"Albertinia het nie 'n munisipale swembad nie en ons moet wegkom van die versengende hitte. Ek weet nie wat die mense moes doen wat dalk nie kon bekostig om see toe te ry nie."
Dit was nie net Gouritsmond se strand wat besig was nie, maar ook al Stilbaai se strande, Jongensfontein en Witsand.
Terwyl Riversdal se temperatuur om 14:20 op 41 grade gestaan het, was Stilbaai om 14:39 slegs 26 grade.
Video: Hittegolf tref ook Hessequa
Die temperatuur om 14:20 op die N2 verby Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool net buite Riversdal, onderweg na Stilbaai.
Die temperatuur in Stilbaai om 14:39.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'