Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Skade van etlike honderde duisende rand is aan een van die dorp se historiese geboue aangerig toe die Outcast Pub Maandagaand 4 Junie in vlamme opgegaan het.
Die oorsaak van die brand in dié gewilde kuierplek is nog nie bekend nie, maar word ondersoek. Volgens ao. Alroy Windvogel, mediawoordvoerder van Heidelberg-polisie, is 'n saak van brandstigting geopen.
Die eienaar, Adam Hobson, was Dinsdagoggend saam met die ondersoekbeampte op die toneel. Hy het gesê hy weet ook nie wat die brand kon veroorsaak het nie. Hy was nie seker van die totale skade nie.
Die gebou, wat as die Klipkantien bekendstaan, is in 1913 opgerig en is as nasionale monument verklaar.
Lees 'n vorige artikel: Kroeg brand af
Adam Hobson, eienaar van die Outcast Pub, verlaat die perseel die oggend na die brand. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'