HEIDELBERG NUUSFLITS - ‘n Saak van brandstigting is geopen nadat die Outcast Pub in dié dorp gisteraand (Maandag 4 Junie) afgebrand het.
Die brand het om ongeveer 22:00 ontstaan. Hessequa se brandweerpersoneel is ontplooi, asook tegniese personeel van die water- en elektrisiteitafdeling om ondersteuning te bied.
“Geen beserings is by die brandweerpersoneel aangemeld nie en is die aangrensende besighede gered van enige brand skade,” sê Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder van Hessequa-munisipaliteit.
Die ontstaan van die brand is tans onbekend.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'