Die Hessequa raad neem jaarliks 'n raadsbesluit rakende die afvuur van vuurwerk en vra die publiek se samewerking in die verband. Vuurwerk mag slegs op 31 Desember vanaf 23:00 tot 12:30 afgevuur word en slegs op die volgende plekke in die onderskeie dorpe:
- Riversdal: Riversdal rugbyvelde, Riverville stadion.
- Stilbaai: Hawe, vanaf die wit hekke, ingesluit strandgebiede, Lappiesbaai (vanaf restaurant to by die mond van die rivier), uitgesluit die Blouvlagstrand.
- Melkhoutfontein: Speelpark in Ericalaan.
- Witsand: Parkeerarea by die Anchorage restaurant.
- Albertinia: 'Die Braak'.
- Heidelberg: Heidelberg sportgronde.
- Slangrivier: Sportgronde.
- Jongensfontein: Geen area (versoek vanaf publiek).
- Gouritsmond: Geen area (versoek vanaf publiek).