HESSEQUA NUUSFLITS - Die voorsiening van water het 'n ernstige werklikheid geword met reënval in die opvangsgebiede wat deesdae al skaarser is.
Hessequa-streek is van verskeie waterbronne vir die onderskeie dorpe afhanklik.
Die Korentepoortdam lewer water aan Riversdal en omliggende plase.
Die Duivenhoksdam lewer aan Witsand, Heidelberg, Slangrivier en omliggende gebiede.
Die damvlak op 5 Februarie was 100%. maar hoewel die opvangsgebied goeie reënval die afgelope maand ontvang het, bly waterbeperkings steeds in plek.
Albertinia en Gouritsmond is uitsluitlik afhanklik van ondergrondse waterbronne en Stilbaai se water word uit verskeie onder- en bogrondse bronne onttrek.
Klimaatsverandering raak 'n aspek wat baie meer in berekening gebring moet word in die daaglikse lewe.
Gedurende die afgelope vier jaar het Hessequa reeds waterbesparingsmaatreëls ingestel om watergebruikpatrone te verander, met groot sukses.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'