HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum is op soek na Hessequa se braaibroodjiekampioen.
Vir meeste Suid-Afrikaners is 'n braai nie volledig sonder braaibroodjies nie. En met die prys van veral skaapvleis hemelhoog, is dit 'n braaibroodjie wat menige kere al só 'n byeenkoms van vriende en familie om 'n lekker vuur woema gegee het.
As jy dink jy het 'n wenresep, skryf dit in vóór Vrydag 12 Augustus en stuur dit na wilma@groupeditors.co.za en staan 'n kans om heerlike pryse te wen.
Die top vyf inskrywings se resepte sal by 'n spesiale braaigeleentheid op Saterdag, 3 September by Legends in Riversdal getoets word. Die tyd en pryse sal in 'n volgende uitgawe en aanlyn bekendgemaak word.
Die finaliste moet hul eie bestanddele saambring vir dié braai waar plaaslike beoordelaars dan Hessequa se braaibroodjiekampioen sal aanwys.
Net inwoners van Hessequa mag inskryf en deelnemers moet hul naam, van, kontaknommer en dorp waar hy of sy woonagtig is saam met die resep instuur.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'