HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het na Saterdag se stormseeskade reeds Sondag 17 September met opruimaksies begin en alle dienste wat deur die onweer belemmer is - water, riool en elektrisiteit - is spoedig herstel.
Die munisipaliteit sê daar is gelukkig geen skade aan infrastruktuur by die munisipale karavaanparke in Gouritsmond, Witsand, Stilbaai en Jongensfontein nie.
Inspeksies is Maandag 18 September gedoen om die omvang van die skade te bereken en volgens die munisipaliteit kry infrastruktuur prioriteit.
Vergaderings is ook met verskeie rolspelers gehou om opvolgaksies en hulpverlening te bespreek.
Hessequa-munisipaliteit wil alle stormskade voor die feesseisoen herstel en doen ? beroep op inwoners en sakelui om hande te vat en te help met die herstel van infrastruktuur wat voorheen deur die publiek opgerig en onderhou is.
Opdrifsels en sand lê gestrooi voor die Drie Pikkewyne-restaurant in Jongensfontein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’