HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het vanjaar hul vyfde agtereenvolgende skoon ouditverslag vir die 2017/2018 finansiële jaar ontvang.
Munisipale bestuurder Johan Jacob het gesê: “’n Skoon oudit beteken onder meer dat die finansiële state ’n redelike weerspieëling van die finansiële stand en prestasie van die munisipaliteit is en dat die prestasieverslaggewing in orde was.”
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, noem dat dit die munisipaliteit se hooffunksie is om ons gemeenskap te dien. Hy sê dat hulle deurentyd daarna streef om dienslewering te verbeter en te voldoen aan die vereistes van ’n skoon regering.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus."