RIVERSDAL NUUS - Die uitvoerende burgemeeester van Hessequa-munisipaliteit, Grant Riddles, en die uitvoerende burgemeesterskomitee (UBK) het die Ou Meule- en Jan Lange-tehuise op Maaandag 18 Julie besoek en geskenkpakkies uitgedeel om Mandela-dag saam met die inwoners te vier en hulle ook te bedank vir hul bydrae om die dorp op te bou tot waar dit vandag is.
Hugo Redelinghuys het die foto's gaan neem.
Inwoners van die Ou Meule-ouetehuis was aangenaam verras met die geskenkpakkies wat op Mandelda-dag deur Hessequa-munisipaliteit uitgedeel is.
Die uitvoerende bestuurskomitee van Hessequa-munisipaliteit het by Jan Lange-outehuis ingeloer om op Mandela-dag geskenkpakkies uit te deel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'