Een van die beste voorbeelde is die hersamestelling van die senior bestuur. Die bedanking van mnr. Bevan Ellman, bestuurder IT en strategiese monitering het aanpassings tot die makrobestuur van die munisipaliteit gebring.
Die geleentheid en besparing wat die vakature bied om opsies te oorweeg vir heraanwending van fondse, om die kritiese tekort aan middelvlak ondersteuning aan te spreek. Volgens mnr. Johan Jacobs, munisipale bestuurder was dit weereens 'n onbeplande geleentheid om die bestuursspan en funksies te hergroepeer.
Die senior bestuurspan van die munisipaliteit is nou as volg:
* Mnr. Johan Jacobs (munisipale bestuurder), afdelings: Inligtingstegnologie, Prestasiebestuur, SDBIP en GOP.
* Me. Lien Viljoen (finansies), afdelings: Inkomste, uitgawe, SCM, begroting en state.
* Mnr. Hendrik Visser (beplanning en omgewingsontwikkeling), afdelings: Beplanning, omgewing (insluitend die omgewingskomponent van afvalbestuur, geraasbeheer, lugbesoedeling), eiendomsbestuur en die ontwikkelingsbeen van die munisipaliteit.
* Mnr. Chris Onrust (gemeenskapsdienste), afdelings: Sosiale ontwikkeling, ekonomiese en toerisme ontwikkleing met insluiting van landelike en landbouontwikkeling, beskermingsdienste, voertuiglisensies/registrasies en behuising.
* Me. Marina Vermeulen (korporatief), afdeling: Menslike hulpbronne, regsdienste, kommunikasie, administrasie, eiendomsadministrasie, verhuring/administrasie en biblioteekdienste.
* Mnr. Reggie Wesso (tegniese dienste), afdelings: Strate, stromwater, parke en oorde, geboue en instandhouding, water, riool, sanitasie en elektrisiteit.

Die Hessequa munisipaliteit se senior bestuurspan is van links mnr. Reggie Wesso, me. Lien Viljoen, mnr. Chris Onrust, mnr. Hendrik Visser, rdl. Emor Nel (uitvoerende burgemeester), me. Marina Vermeulen en mnr. Johan Jacobs (munisipale bestuurder). Foto: Louise Mouton.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa | Tuinroete nuus'