HESSEQUA NUUS - Herstelwerk en opknapping van die Riversdal-hospitaal asook die Riversdal- en Albertinia-klinieke het pas ‘n aanvang geneem en sal ‘n geruime tyd duur.
Inwoners moet dus kennis neem dat daar tydelike veranderinge in die konsultasiekamers by die fasiliteite mag voorkom, maar normale dienste sal steeds gelewer word.
Besoekers aan die fasiliteite moet ook in gedagte hou dat daar meer stof sal voorkom tydens die herstelwerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’