HESSEQUA NUUS - Helpende Hand Motorfietstak Wes-Kaap bied op 20 Oktober die eerste Om die berg-projek aan.
Die Helpende Hand-motorfietsklub van Pretoria, die Hessequa Bikers en die Proudly Meerkat-motorfietsgroep organiseer die rit om geld vir die De Heidel-kinderhuis in Heidelberg in te samel.
Die roete beslaan 450 km om die Langeberge en daar is 'n keuse tussen teerpad en grondpad. Die projek bied 'n heerlike geleentheid vir alle motorfietsentoesiaste om die natuurskoon in 'n veilige groep te geniet.
Ryers sal mekaar om 07:00 by die BP-vulstasie op Buffeljagsrivier by Swellendam ontmoet.
Belangstellendes kan op die Faceboek-blad van Hessequa bikers for kids, registreer. Volledige inligting en bankbesonderhede is ook op die bladsy beskikbaar. Kostes vir die dag sluit 'n hamburger en skyfies in, sowel as 'n spesiale motorfiets kenteken.
Ondersteuningsvoertuie vir moontlike noodgevalle sal op die roete beskikbaar wees.
Vir enige navrae kan Corrie van der Westhuizen (voorsitter Helpende Hand Motorfietstak Wes-Kaap) by 082 419 1779 of per e-pos by mos@absamail.co.za gekontak word. Johan Böning (president Solidariteit Helpende Hand-motorfietsklub) sal ook navrae by 079 877 6166 of per e-pos by johanb@solidariteit.co.za beantwoord.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'