STILBAAI NUUS - 'n Groep bestaande uit Stilbaai Coastal Cleanup, inwoners en kinders van Ouma Lena se huis het Saterdag by Lappiesbaai bymekaar gekom om die plastiekballetjies (nurdles) wat ook daar uitgespoel het, op te tel.
Emmertjies en net is deur Pam Golding verskaf om die takie te vergemaklik. Stilbaai Spar het koeldranke geskenk.
Volgens Miranda van Aardt van dié organisasie het hulle 'n program regdeur die vakansie en enigeen kan daarby betrokke raak.
Hoe dit werk
Aflaaipunte is by Wessa by Lappiesbaai, Lavender Social Cafe en Pam Golding. By elk sal daar emmertjies en net vir die kinders beskikbaar wees.
Daar sal ook pamflette en herwinningsakke wees wat deur Henque Waste verskaf is en wat vakansiegangers kan gebruik om hul herwinbare rommel in te gooi.
Die kinders kan by die aflaaipunte hulle plastiekballetjies (nurdles) inhandig, waar hulle 'n geskenkie sal kry wat deur OK Grocer, Stilbaai Spar en Lavender Social Cafe geborg is. Dit moet ongeveer 'n volume van 500 ml wees.
Volg Stilbaai Coastal Cleanup op sosiale media en vir enige navrae kontak Van Aardt by 071 234 9115.
Lees vorige artikels:
- Nurdles also in Breede River
- Opvolg: 'Nurdles' op Gourits
- 'Nurdles' op Gouritsmond
- Opvolg: 'Nurdles' bereik Mosselbaai
- 'Nurdles' bereik Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'