Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Nagenoeg 100 ontstoke inwoners van Heidelberg, Slangrivier en omliggende plase, het vanoggend by die Duivenhoks-gemeenskapsaal saamgedrom om hul misnoë te kenne te gee nadat amptenare van Sassa, Riversdal, ‘n afspraak met hulle op kort kennisgewing en sonder enige geldige rede gekanselleer het.
Sassa het verlede Vrydag uit Riversdal bevestig dat hulle Sassa-kliënte in die Heidelberg-distrik te woord sal staan.
Die inwoners, wat soos talle ander Sassa-kliënte landwyd gereeld deurloop onder laat- en ook nie-betalings van hul Sassa-toelaes, dring nou op antwoorde aan.
Baie sê hulle het nie tyd, vervoer of geld om na Riversdal se Sassa-kantoor te reis nie.
Des te meer is Sassa se wegblyery ‘n groot steen des aanstoots vir dié klomp ongelukkiges.
Video - Clive Pretorius:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’