HEIDELBERG NUUS - Een van Heidelberg se spogatlete, Jo-Ané van Dyk het op 21 Julie saam met die res van die Suid-Afrikaanse span na Tokio vir die Olimpiese Spele vertrek.
Van Dyk, dogter van Johan en Marjo van die plaas Karringmelksrivier net buite Heidelberg, het die SA Olimpiese span as spiesgooier behaal.
Sy sal op 3 Augustus teen die bestes in die wêreld haar slag moet wys tydens die uitdunne.
Sy is egter vol vertroue dat sy tot die finale ronde van 12 deelnemers op 6 Augustus sal deurdring.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg,Hessequa nuus'