Verskeie dig-, sang-, dansitems is deur die Young Royal Shepherds Kersfeeskoor, die VGK Voices of Glory mannekoor en digters gelewer. Sprekers soos onder andere mee. Annelene Hartnick (wyksraadslid), Bonnies Lotz (plaaslike MIV/VIGS-berader), eerw. Paulina Esau, srs. Desiree van Deventer en Bibi Gordon (bestuurder van die plaaslike daghospitaal), asook Leon Page (plaaslike traumaberader en dwelm- en alkoholmisbruik aktivis) het die ongeveer 150 aanwesiges toegespreek.
Veral die jeug is aangemoedig om hulle gereeld te laat toets. Daar is ook klem gelê op mans en seuns om hulle te laat besny (sirkumseer) om die verspreiding van hierdie virus te verminder, asook om af te sien van veelwywery en net een bedmaat te hê. 'Be wise and condomize' is deurlopend benadruk.
Dié verrigtinge is Maandagoggend deur Lotz en 'n groep tuisversorgers op die markie met 'n 'Kom toets jouself'-veldtog voortgesit.

Die groep rolspelers het gesorg dat die boodskap teen MIV/VIGS behoorlik tuisgebring word by die Internasionale MIV/VIGS-dag vieringe op Heidelberg.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg | Hessequa nuus'