Update
HEIDELBERG NUUS - Die Riversdal-tak van Helpende Hand het op Maandag 1 Augustus 'n swaaibank aan Huis Zenobia du Toit geskenk. Dit was deel van dié liefdadigheids-organisasie se Senior Mind Move-program.
Volgens Marlise Labuschagne, die Wes-Kaapse assistent streekorganiseerder, is die doel daarvan om bejaarde inwoners te laat beweeg.
"Dit help om die kristalle in die oorgang in lyn te kry, wat dan weer met hulle balans help. Dis veral goed vir mense met dementia en Alzheimer's."
"Dit is 'n voorreg om aan die gemeenskap te kan teruggee, veral aan die bejaardes wat ons baie na aan die hart lê. Die inwoners gaan verseker die swaai geniet," het Anna-Marie Hughes, voorsitter van Helpende Hand Riversdal gesê.
Heidi de Jager, bestuurder van die tehuis het op haar beurt haar waardering aan Hughes en haar tak uitgespreek.
"Dit sal tot groot voordeel van ons inwoners wees, veral in die somermaande."
Beide Annemarie Cronjé en Annatjie Stander, twee van die inwoners, wat teenwoordig was tydens die oorhandiging van die swaai, was duidelik in hul skik met hul eerste swaai op die bank.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'