HEIDELBERG NUUS - Hessequa-munisipaliteit het die swembad op die dorp teen 'n koste van sowat R400 000 opgeknap om dit voor die somerseisoen op standaard te bring.
"Ons beskou hierdie soort projek as een van die Hessequa-raad se omgeeprojekte," het Grant Riddles, burgemeester Vrydag 6 Desember tydens 'n besoek aan die swembad gesê. Hy is vergesel deur Simon Odendaal, wyksraadslid en lede van die munisipaliteit.
Honderde kinders besoek daagliks die swembad waar hulle ure lank onder die wakende oog van veiligheidspersoneel en opgeleide lewensredders kan baljaar.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'