Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - Die Heidelberg Landbouskou het vanjaar ‘n groot verskeidenheid en goeie kwalliteit uitstallers vanaf Woensdag 7 tot Saterdag 10 Februarie gehad.
Volgens die stalletjie sameroeper, Loret Truter, was daar baie meer nuwe uitstallers en was die saal stampvol.
Die industriële uitstallings het ook vir die eerste keer vragmotors ingesluit.
Die skou het weereens baie deelnemers in alle vee afdelings.
Die Jeugskou het van verlede jaar se 43 deelnemers tot vanjaar se 155 gegroei en is 10 klasse aangebied naamlik suiwel- en vleisbeeste, wol- en vleisskaap, angora-, boer- en melkbokke, perde, pluimvee en kulinêre kuns.
Dit is die tweede streeksjeugskou wat aangebied word.
Volgens skoupresident Vic Brand was die skoudans die vorige week vantevore uitstekend.
Hoogtepunte vir hom by die skou was die Jeugskou, damesoggend, steakhouse en die rekordgetalle by die merino skaapskou en Ricus Nel se optrede.
Kyk 'n video hieronder.
Een van die pragtige honde by die skou.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'