Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Simon du Toit, vurige slot van die A-span is as sportman van die jaar aangewys tydens Heidelberg-rugbyklub se jaarafsluiting op Saterdag 17 November in sy klubhuis.
Joe Daniels, voormalige voorsitter van die SWD Rugby Unie het die geleentheid as gasspreker bygewoon.
In sy toespraak het Daniels die klub geloof vir sy merkwaardige toetrede vanjaar tot die Premierliga waar die klub in die vyfde plek geëindig het.
“Spanne moet die stampe en stote op en van die veld af met hoë dissipline verwerk en soos Mohammed Ali in die ‘Rumble in the Jungle’-geveg met George Foreman, takties en gedissiplineerd die woeste aanvalle trotseer om op die regte tyd die wenpunte aan te teken,” het hy gesê.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Agter, van links is Joe Daniels, Julian Buis en bestuurslid Sam Hendricks. Voor by die tafel sit Gina en Brian Abrahams.
Van links is Sam Hendricks en sy eggenote, Simon du Toit en Julian Buis.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'