STILBAAI NUUS - Dr Marié Heese se nuutste roman, Troebadoer is Woensdag, 17 November bekendgestel.
Die geleentheid is deur Hessequa-munisipaliteit in die sysaal van die gemeenskapsentrum op Stilbaai aangebied.
Marié het al talle eerbewyse vir haar werk ontvang en in 2010 is sy met die Statebond Skrywersprys vir Afrika vereer.
Sy besluit na 'n lang loopbaan om op te hou skryf, maar die grendeltyd slaan toe en sy verander van plan. Op 26 Maart 2020 begin sy skryf aan Troebadoer.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'