Gallery
HEIDELBERG NUUS - Hoërskool Heidelberg het ’n paar bome op die skoolgronde op Vrydag 21 September geplant.
Trotse Hatties kan oor ’n paar jaar die vrugte van hul inisiatief pluk wanneer die bome al mooi groot staan en skadu gee.
Marius Kluyts het die bome geskenk en elke graad het onder leiding van die onderwysers kans gekry om ’n boom te plant.
Hatties gee om vir die omgewing en hoop om vorentoe weer ’n verskil te kan maak.
Hoërskool Heidelberg het ’n paar bome op die skoolgronde op Vrydag 21 September geplant.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'